Selfoontoring van Babel Lyrics
Dis 'n teersaak die
Lat ons die pad vat
Ek is oppervlakkig krap diep
En jy sal draadwerk en waansin in my sien
Robot god spinnekop
Lê eiers in my mond
Ons bewe in sy teenwoordigheid
Sit vas in sy spinnerak
Biologiese Rekenaar
Kopieë van mekaar
Gebreekte antenna
Sukkel om te kommunikeer met mekaar
Ons kruisig die wyse
En wys na die kruise
As bewyse van ons menslikheid
Sal jou data myn en hou soos 'n geheim
Robot god spinnekop
Lê eiers in my mond
Ons bewe in sy teenwoordigheid
Sit vas in sy spinnerak
Biologiese Rekenaar
Kopieë van mekaar
https://www.elyricsworld.com/selfoontoring_van_babel_lyrics_fokofpolisiekar.html
Gebreekte antenna
Sukkel om te kommunikeer met mekaar
Biologiese Rekenaar
Kopieë van mekaar
Gebreekte antenna
Sukkel om te kommunikeer met mekaar